Die Herberg Kinderhuis

Die Herberg Kinderhuis huisves 122 sorgbehoewende kinders. Die kinders se ouderdom wissel van baba tot 18 jaar. Die kinderhuis bestaan sedert 1918. Redes vir opname wissel van verwaarlosing, mishandeling, molestering of geen bestaansmiddele. Kinders word met ‘n hofbevel in die kinderhuis geplaas.
Die kinderhuis se begroting beloop ongeveer R7.5 miljoen per jaar. Die staat voorsien 48% van hierdie fondse. Die res moes die kinderhuis self invorder deur fondsinsamelings en donasies. Die kinderhuis is dus baie dankbaar vir ‘n gemeente soos De Rust wat betrokke is by die dogters van Huis G. Die huis huisves 14 – 16 dogters.
Behoeftes sluit in geld, kos, klere waaronder sport en skoolklere ‘n groot uitgawe is en toiletware en skoonmaakmiddels.
De Rust gemeente neem die dogters een maal ‘n jaar op ‘n heerlike naweek uitstappie waar hul bederf word. Die gemeente voorsien ook fondse vir die dogters vir die aankoop van die nodige klere waarvoor ons baie dankbaar is.
De Rust gemeente is ook betrokke by die kinderhuis se jaarlikse kermis. Hulle voorsien droӫwors, biltong, maalvleis en wors. Danksy hul bydrae was die kermis ‘n groot sukses en kon die kinderhuis R168 000.00 insamel.
Ons harte is gevul met dankbaarheid.
Petro Uren
BEMARKER/FONDSWERWER